Mmusi Maimane oor die komende plaaslike verkiesings in Suid-Afrika

Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om in die komende plaaslike verkiesings die ANC sy verdiende loon te gee soos hy dit gestel het. Die Konstitusionele Hof in die buurland het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek om die Oktober-verkiesings uit te stel, van die hand gewys. Die hof het die OVK beveel om die verkiesing tussen 27 Oktober en 1 November te hou. Maimane sê geen munisipaliteit verdien korrupte leiers en swak dienslewering nie.