New York se burgemeester oor die stormweer

New York se burgemeester waarsku oor ‘n nuwe wêreld ná die verwoesting van die Storm Ida. Bill de Blasio sê die uiterste reënval wat die storm teweeg gebring het, behoort almal aan te spoor om anders op te tree. Minstens 48 mense is reeds dood in die storm wat die noordooste van Amerika geteister het. De Blasio het aan die media gesê die intensiteit en gereeldheid van storms neem toe en die land het ‘n heeltemal ander reaksie nodig. Dit sluit aggressiewer ontruimings voor die tyd in, asook bevele om strate en moltreinstasies skoon te hou.