Mkhize bly in die nuus

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika sê die voormalige Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, se vrou het na bewering ook onregverdig baat gevind uit die Digital Vibes skandaal. Volgens die SOE het May Mkhize een-komma-agt miljoen rand uit die tenderskandaal gekry. Die eenheid sê hulle wil nou al die geld, tot op die laaste sent, van haar verhaal.