Sharks wen teen Ospreys

Rugby: Nadat hulle hul eerste twee wedstryde in die Verenigde Kampioenskap verloor het, het die Sharks eindelik ‘n oorwinning in Wallis behaal. Die Suid-Afrikaners het die Ospreys met 27-13 geklop. Jeremy Ward en Marnus Potgieter het drieë vir die Sharks gedruk, maar Boeta Chamberlain se drie skepskoppe het baie gehelp. Voor die wedstryd was die Sharks tweedelaaste op die punteleer met die Ospreys in die vierde posisie. Vanmiddag en vanaand takel die Bulls vir Cardiff in Wallis, terwyl die Lions in Skotland teen Glasgow Warriors speel en Edinburg teen die Stormers.