Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika wil gebruikerstariewe met 35 persent opstoot

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê dit wil gebruikerstariewe vir volgende jaar met 35 persent opstoot. Lugdienste het die stap veroordeel, aangesien dit vlieg peperduur sal maak. Die Direkteur-Generaal van die Internasionale Lughawevervoervereniging, Willie Walsh, sê almal wil COVID-19 agterlaat en nou word ‘n groot finansiële las op lugdienste geplaas.