Misdadigers in Pretoria kry toegang tot winkels deur ondergrondse tonnels

Misdadigers in Pretoria se middestad het by minstens drie groot winkels toegang gekry deur ondergrondse tonnels. Ondersoeke na die misdade gaan voort maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Volgens berigte word plofstof gebruik om toegang tot stormwaterpype en -kanale te kry. Die waarnemende personeelhoof in die Tshwane-burgemeester se kantoor, Jordan Griffiths, het aan die media gesê hierdie misdade is kommerwekkend en word goed georganiseer. ‘n Woordvoerder van Pretoria-Sentraal se polisie, Augustinah Selepe, kon egter nie bevestig of sindikate moontlik betrokke is nie.