Veldbrande groot kommer in Omusati

Met die veldbrande wat regoor die land woed, is die Omusati-streek een van die mees geraakte gebiede. Die goewerneur van Omusati, Erginus Endjala, het gesê die veldbrande is tot groot kommer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veldbrande het ‘n groot deel van hul weiding vernietig.

Die goewerneur het ook sy kommer uitgespreek dat Omusati een van die gebiede is wat met die komende reënsoeisoen onder-normale reën verwag.