Agterstand in SA staatsbehuisingsprogram se databasis

Die agterstand in die staatsbehuisingsprogram se databasis in die buurland is gebrekkig. Die minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi, sê die agterstand van geïntegreerde ontwikkelingsplan-behuising kan baie meer as 2,5 miljoen huise wees. Volgens die minister is die databasis onbetroubaar, aangesien hulle nie kan bepaal wie die program verlaat het nie. Kubayi sê die departement staar baie uitdagings in die gesig, insluitend mense wat om verskeie redes van die kwalifiseringslys afgehaal is en daarna nooit verwyder is nie. Mense wat behuising toegeken is in onvoltooide projekte, is nie ingedeel op hul stelsel nie.