Minstens agt slagoffers na swaar reën in New York

Minstens agt mense, insluitend ‘n tweejarige kleuter, is dood ná swaar reën in New York en New Jersey in Amerika. Die land steier onder die nadraai van Orkaan Ida met gevaarlike kitsvloede en tornado’s wat in die noordooste voorkom. President Joe Biden sal na verwagting vandag praat oor sy regering se reaksie op die storm wat Louisiana Sondag getref het. Kragonderbrekings in sommige dele van die staat kan tot ‘n maand duur voor dit herstel is.