Egpaar skei na 18 jaar oor Covid-inenting

‘n Egpaar van Bothasig in Kaapstad se huwelik van 18 jaar is op die rotse, omdat die man weier om hom teen Covid-19 te laat inent, al het hy verlede jaar die virus opgedoen. Charnelle en Graham Spies is in 2003 getroud en is kinderloos. Die 42-jarige Charnelle het gesê nadat sy verlede jaar gesien hoe haar man ly, het sy haar dadelik laat inent toe sy daarvoor kwalifiseer. Graham sê egter hy is nie ‘n proefkonyn nie omdat dit nie 100 persent seker is die entstof werk nie.