Swapo-hoë bedank uit party

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese inligtingsministerie, Mbeuta Ua-Ndjarakana, het met onmiddellike effek uit die Swapo Party bedank. Ua-Ndjarakana het sy bedankingsbrief en sy lidmaatskapskaart vandag by die Swapo-hoofkantoor ingehandig. Ná 39 jaar as Swapo-lid en staatsamptenaar het hy in sy brief gesê die afstammelinge van die volksmoord se pleidooie het op dowe ore by Swapo geval. Ua-Ndjarakana, ook ‘n afstammeling van die volksmoord, sê hul donker hoofstuk van die volksmoord, kry geen erkenning by die Swapo Party nie.