Ministerie sê oor geboorteregistrasie by hospitale

Daar is blykbaar verwarring oor die registrasie van geboorte by hospitale in die land. Sommige moeders verlaat hospitale sonder om die geboorte van hul kinders te registreer. Die vraag is eerder hoe om te werk te gaan sodra die ma ‘n hospitaal verlaat het sonder die kind se geboortesertifikaat. Die skakelbeampte van die Namibiese ministerie van binnelandse sake Margaret Kalo sê dat die ministerie nou ‘n baie verbeterde stelsel het. Sy sê ma’s moenie na die ministerie gaan vir registrasie nie, maar eerder na die hospitaal en hulle sal bygestaan word.

Kalo het ook gesê wat ma’s kan doen as die pa van die kind ver is.