Meer moet vir SA se kinders gedoen word

Die Nasionale Beroepsonderwysersorganisasie van Suid-Afrika doen ‘n beroep op tasbare maatreëls om die straf vir kindermishandelaars te bespoedig. Volgens Naptosa is dit kommerwekkend hoe baie kinders se grondwetlike regte geskend word. Basil Manuel van die organisasie sê die regering moet ingryp en die siklus van verwaarlosing, geweld en uitbuiting van kinders stop. Manuel voeg by kinderregte moet nie slegs tydens Kinderbeskermingsweek in die kollig wees nie.