Berksie was die gewildste van hulle almal…

Die legendariese 702-omroeper John Berks is in die ouderdom van 80 ná ‘n lang siekbed oorlede. Die stasie sê Berks het ‘n omwenteling in vroeë-oggend geselsradio in Suid-Afrika teweeggebring en hy was bekend vir sy grap-oproepe en vinnige humor. Hy het sy loopbaan by LM-radio begin wat in Mosambiek gestasioneer is. Sy loopbaan het eintlik eers vlamgevat toe hy by 702 aangesluit het. Terwyl huldeblyke van voormalige kollegas en luisteraars instroom, word Berksie onthou as een van die omroepers wat die grootste aanhang in die land se geskiedenis gehad het.