Vrou, 38, vas vir dwelmhandel op Oshakati

‘n 38-jarige vrou sal vandag in die hof op Oshakati verskyn na sy betrap is met kokaïen stukkies ter waarde van 6 000 Namibiese dollar, sowel as net meer as 7 000 dollar in kontant. Sy word aangekla nie net van die besit van dwelms nie maar ook van handel daarin. Die polisie sê sy het 60 stukkies by haar gehad. Dwelms raak ‘n toenemende probleem in die land.