Slenter in Tshwane met beskikbare poste

Die Stad Tshwane sê hy is ontsteld oor die vals advertensie op verskeie platforms oor poste vir administratiewe klerke in die metro. Die vals advertensie is deur ‘n advertensie-agentskap beBee namens die stad en ander organisasies geko-ordineer. Die woordvoerder van die stad, Lindela Mashigo, sê hulle is geskok deur die skelms wat op die emosies van onskuldige werksoekers teer deur inligting oor beskikbare werksgeleenthede te fabriseer: