Suide-boere kry toegang tot EU-markte, mits…

Die Namibiese Landbou-unie het aangekondig dat boere teen die grens met Suid-Afrika kwalifiseer vir uitvoere na die Europese-unie. Dit is indien daar voldoen word aan sekere vereistes. Daar was vroeër verwarring hieroor, in die lig van Suid-Afrika se huidige bek-en-klouseer status. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rina Hough, die organisasie se kommoditeits-analis, wat verduidelik.