Minister gesels oor aantygings van veldbrande en die NDF

Boere beskuldig weer die Namibiese weermag as die oorsaak van die veldbrande wat verlede week buite Okahandja in die rigting van Ovitoto aangemeld is en na die Otjisazu-gasteplaas versprei het. Boere sê ook die weermag het nie ‘n vinger gelig om met die veldbrand te help bestry nie. Die verdedigingsminister Frans Kapofi sê aan Kosmos 94.1 Nuus die dat die weermag nie doelbewus vure aansteek nie en dat hulle altyd beskikbaar is om te help om die brande te help blus.