Nasa maak geskiedenis en Artemis 1 eers weer gebêre

Die Amerikaanse lugvaart- en ruimte-administrasie, Nasa, het daarin geslaag om ‘n ruimtetuig suksesvol teen ‘n asteroïede se maan te laat bots. Die sending staan bekend as die Double Asteroid Redirection Test, Dart, en is die wêreld se eerste poging om tegnologie te toets wat die aarde teen die gevare van asteroïedes of komete moet beskerm. Nasa se administrateur, Bill Nelson, sê die span reken die tuig het die asteroïde sowat 17 meter van die ruimterots se middelpunt getref:

Intussen het orkaan Ian weer enige planne om Artemis 1 te lanseer gekelder. Nasa sê Artemis het reeds lanseerplatform 39B op die spesiale vervoerder verlaat en sy vier-myl-tog na die sogenaamde voertuigsaamstellingsgebou, of te wel, motorhuis, begin.