Minimumloon en ervare plaaswerkers: kwessie is meer ingewikkeld as dit

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat onopgeleide plaaswerkers nie aangestel sal word met die nuwe minimumloon nie. Kenners meen dat dit te duur is vir boere en dat hulle of ervare werkers sal soek of sal meganiseer. Die Namibiese arbiedskenner Herbert Jauch sê die kwessie is plaaslik baie meer kompleks.

Die plaaslike minimumloon sal in Januarie volgende jaar met 18 persent styg na 5 dollar, 40 sent per uur. Terwyl dit steeds laag is, het ‘n onlangse peiling deur die Namibiese Landbou-unie getoon dat boere by verre meer as dit betaal.