Onteiening: 130 000 insette, 99% daarteen gekant

Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke in Suid-Afrika het meer as 130 000 opmerkings ontvang oor die voorgestelde wysigings aan die Onteieningswetsontwerp. Die komitee se raadgewer oor inhoud, Shuaib Denyssen, sê meer as 129 000 is per e-pos ontvang en meer as 6 000 per WhatsApp. Hy sê 99 persent van die e-posse is teen die voorstelle gekant. Denyssen sê die opmerkings dui daarop dat georganiseerde landbou die voorstelle beskou as die regering se plan om grondhervorming te bevorder.