Miljoene nuwe Covid-19-gevalle in Europa

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê intussen sowat twee-miljoen gevalle van Covid-19 is in Europa aangemeld, die meeste in ‘n enkele week in die streek sedert die pandemie uitgebreek het. Europa het bykans 27-duisend sterftes aangemeld, meer as die helfte van alle Covid-19-sterftes wat die week wêreldwyd geregistreer is. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê Covid-19 neem skerp toe in lande met laer inentingskoerse in Oos-Europa, maar ook in lande met sommige van die hoogste inentingskoerse in Wes-Europa.