Tekort aan voorraad skep probleme vir plaaslike voertuighandelaars

Plaaslike voertuighandelaars het aangedui dat voertuigverkope aansienlik hoër sou wees as voorraad beskikbaar was. Daarom kan ‘n gebrek aan beskikbare voorraad en vertraagde afleweringstye van ingevoerde voertuie moontlik ook ‘n impak op voertuigverkope hê. Toyota, Japan se grootste motorvervaardiger, het wêreldwye produksie vir November met soveel as 15 persent gesny (tussen 100 000 en 150 000 motors), waar maatskappyverteenwoordigers die skuld gee aan die voortdurende wêreldwye tekort aan mikroskyfies wat in die vervaardiging van voertuie gebruik word.