Nasria, Bank Windhoek bemagtig entrepreneurs met N$50 miljoen skema

Die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, en Bank Windhoek het ‘n vennootskap aangekondig oor ‘n krediet waarborg skema-ooreenkoms ter waarde van 50 miljoen Namibiese dollar. Die inisiatief het ten doel om jeug en vroue in klein- en mediumgrootte ondernemings te bemagtig. Volgens Nasria fokus die skema op die verskaffing van broodnodige finansiële ondersteuning aan aspirant-entrepreneurs, die bevordering van innovasie, werkskepping en ekonomiese groei. John Uusiku, besturende direkteur van Nasria, sê dat ‘n lewensvatbare sakeplan ‘n sleutelvereiste is met uitstekende vooruitsigte vir sukses, maar die nodige sekuriteit ontbreek dikwels om lenings te bekom.