Kabinet keur nuwe voorkoms identiteitsdokumente goed

Die Namibiese kabinet het die uitreiking van die eerste “nuwe voorkoms” identiteitsdokumente goedgekeur sonder enige koste aan leiers en voormalige leiers. Die eerste oorhandigings sal op ‘n datum geskik vir president Hage Geingob plaasvind, wat ook een van die ontvangers is. Ander wat dit gaan ontvang is onder andere, vise-president Nangolo Mbumba, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, haar adjunk- en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en voormalige presidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba.