Inflasie vir April 4,8%, teenoor 6,1% in April 2023

Die jaarlikse inflasiekoers vir April het op 4,8 persent te staan gekom vergeleke met 6,1 persent wat in April verlede jaar aangeteken is, volgens die Namibië Statistieke-agentskap se jongste verslag. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers gestyg tot 0,7 persent, vergeleke met 0 persent wat ‘n maand vroeër aangeteken is. Die sonale inflasiekoerse vir die April wys dat Sone 2, die Khomas-streek, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 5,4 persent aangeteken het. Mirjam Shihepo, skakelbeampte by die agentskap, gee ’n paar insigte gegee oor die gemiddelde kleinhandelpryse van geselekteerde produkte in April.