Migrante word nie gespuit nie want daar’s geen vrywaring nie

Internasionale nuusagentskappe berig dat die tekorte aan inentings in veral migrante veroorsaak word deur farmaseutiese maatskappy wat bang is vir dagvaardigings sou ernstige newe-effekte voorkom. Volgens berigte, val die mense nie onder die regerings van die lande waarin hulle hulself bevind nie en die VN sê dat vervaardigers van entstowwe vrywarings by regerings eis indien newe-effekte voorkom. Maar, waar ‘n gemeenskap nie onder die regering val nie, soos in die geval van vlugtelinge en migrante, is die vrywaring nie moontlik nie. Dus sal miljoene vlugtelinge en migrante nie ingeënt word nie, al word dit beskryf as vrugbare grond vir Covid om verder te muteer.