Opul pas vooruitsigte vir vraag opwaarts aan

Opul het die week sy vooruitsigte vir vraag na ru-olie in die eerste kwartaal van volgende jaar opgestoot en teruggekeer na sy oorspronklike beplanning dat die pandemie na ‘n einde se kant toe staan. Die groep van olie produserende lande sê die Omikron-variant is lig en sy impak sal van korte duur wees. Dit is teenstrydig met voorspellings deur die Wêreldgesondheidsorganisasie wat meen Omikron hou ‘n baie hoë risiko in. Opul sê vraag het toegeneem met 1,11 miljoen vate per dat na 99,13 miljoen vate en meen vraag sal verder toeneem. Die prys van Brent ru-olie het skerp gedaal met die ontdekking van die nuwe variant en het teruggesak van ongeveer 85 Amerikaanse dollar ‘n vat na rondom 74 dollar, waar rond dit tans verhandel. Met die nuwe vooruitsigte kan die prys moontlik weer begin styg.