Mianmar: 40 liggame in woud ontdek

‘n Verteenwoordiger van Mianmar se verkose burgerlike regering en die land se afgevaardigde na die Verenigde Nasies het ‘n brief aan die sekretaris-generaal, Antonio Guterres, gestuur oor die ontdekking van 40 liggame in ‘n woud in die Sagaing-gebied. Van die liggame wys klaarblyklik tekens van marteling. Volgens Kyaw Moe Tun is dit duidelik misdade teen die mensdom en hy pleit vir ‘n wêreldwye wapenverbod teen Mianmar se militêre mag wat die regering in Februarie omver gewerp. Gevegte tussen soldate en plaaslike burgermagte het sedertdien honderde lewens geëis.