Boelie-gedrag, bendes by skool in Tembisa ondersoek

Die polisie in Gauteng en ander belanghebbendes het ‘n vergadering gehou teen boelie-gedrag en bendebedrywighede by die Sekondêre Skool Bokamoso in Tembisa. Dit het gevolg nadat die polisie ingelig is dat vyf leerders by bendebedrywighede betrokke is. Die twee groepe leerders is meestal in grade agt, nege en tien en bestaan net uit meisies. Hulle noem hulself 16 Destroyers en Five Kilometer. Die woordvoerder van die polisie, Patricia Mgijima, sê ouers was bewus van die groepe nie, en hulle is ook in hul huise gekonfronteer en geïntimideer toe ‘n groep hul kinders wou aanrand.