Mensehandel-slagoffers moet self huis toe kom… daar’s nie geld nie

Netumbo Nandi-Ndaitwah, die minister van internasionale betrekkinge, het bevestig dat tien van die 31 Namibiese vroue wat as slagoffers van mensehandel hulself in Oman bevind het, steeds in die land is. Sy sê dit is die verantwoordelikheid van die families om hulle terug te bring Namibië toe.

Interpol is by die kwessie betrek en daar is gevind dat die vroue wel deel was van ‘n mensehandelsindikaat. Families van sulke slagoffers beskik normaalweg nie van die fondse om hul familielede te repatrieer nie maar, volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Penda Naanda, het die regering nie die geld nie. 

Hy voeg by hulle het Interpol gevra om die vroue op te spoor en veilig te huisves.