Boris Johnson gaan bedank – Britse media

Die BBC berig dat hy inligting het dat die Britse premier Boris Johnson sal bedank. Dit volg na meer as 50 bedankings in die afgelope twee dae na hy Chris Pincher as adjunk-hoofsweep van die Konserwatiewe Party aangestel het terwyl hy later beken het hy het geweet daar is klagtes van seksuele teistering teen hom. Johnson het verskeie skandale tydens sy amp gehad, waarvan die bekendste, die Partygate-skandaal was. Hy het tot dusver vasgeklou aan mag. Die BBC berig dat hy as tussentydse premier sal aanbly tot ‘n plaasvervanger gevind is. Die formele aankondiging is nog nie gemaak nie.