Dalton-egpaar skuldig bevind, beboet

Die Suid-Afrikaanse egpaar Walter Dalton, 60, en sy 58-jarige vrou, Cornelia is skuldig bevind nadat hulle aangekla is dat hulle militêre toerusting onwettig binne die Grootfontein militêre basis gefotografeer het. Hulle het voor Grootfontein-landdros Adelinu Hailonga, verskyn en het skuldig gepleit. Walter is ‘n boete van 15 000 Namibiese dollar of ‘n jaar tronkstraf gegee terwyl Cornelia ‘n boete van 5 000 dollar of drie maande tronkstraf ontvang het. Die egpaar het die boetes betaal.