Mense vertrou outokrate meer as demokratiese leiers

Die Edelman Vertroue-barometer se jongste peiling toon dat die publiek se vertroue in regerings hoër is in outokratiese stelsels as in demokrasieë. Dit is veral so tydens die pandemie. Die barometer het ook bevind dat vertroue in besighede, veral met entstowwe, nuwe werkspraktyke en meer, is ook steeds sterk al is daar kommer oor billikheid. Richard Edelman van die barometer sê daar is ‘n totale ineenstorting in vertroue in demokratiese stelsels. Meer as 36 000 respondente in 28 lande het deelgeneem aan die navorsing. Duitsland het sewe punte verloor, Australië ses en die VSA, vyf. Vertroue in China het met 11 punte toegeneem, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate met nege punte verbeter het. Edelman sê die voorspelbaarheid van outokratiese stelsels dra baie by. Daar is ook ‘n algemene ontnugtering oor kapitalisme, politieke leierskap en die media.