SA sal nou maandeliks sy ongeluksyfers monitor…

Die Suid-Afrikaanse departement van vervoer gaan appelleer teen die uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof wat die AARTO-wet ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die minister, Fikile Mbalula, het dié stap aangekondig tydens ‘n inligtingsessie oor statistiek van die feestyd. Hy sê statistiek toon padsterftes het in sewe provinsies toegeneem. Altesaam 1 685 sterftes is die afgelope feestyd aangeteken, wat ‘n toename van 14 persent is vanaf die vorige tydperk. Mbalula sê statistiek sal nou meer gereeld gebruik word om padveiligheid te monitor…

Namibië monitor reeds jarelank sy padveiligheidsyfers op ‘n maandelikse basis.