Meld newe-effekte van Covid-inentings aan

In die buurland moedig die departement van gesondheid Suid-Afrikaners aan om enige nagevolge na inenting teen Covid-19, aan te meld. Dit volg op ‘n video op sosiale media van ‘n man wat aanvoer hy het keelkanker gekry as gevolg van die inenting. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê daar kan net toepaslik opgetree word as landsburgers enige nagevolge en newe-effekte van die inenting so gou moontlik daarna aanmeld.

Intussen het die Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, die beweringe en video’s wat op sosiale media versprei word dat Covid-entstowwe skade aan sekere mense aanrig, as nonsens afgemaak.