Safta verwerp BUSA se aanbod om by staatskaping betrokke te raak

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy verwerp Business Unity SA se aanbod om vervolgingsliggame te versterk ten einde te verseker diegene wat betrokke is by staatskaping word vervolg. Saftu sê hy is bekommerd oor privaat individue en entiteite wat die rol en verantwoordelikheid van die staat wil oorneem. Die Federasie se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle vra die onmiddellike vervolging van al die skelms wat by die plundering van staatshulpbronne betrokke is.