Mej. Tiener Namibië 2022 vanaand gekroon

Groot opwinding heers oor die kroning van Mej. Tiener Namibië 2022 vanaand in Windhoek. Mej. Namibië 2022 word môreaand by die Windhoek Buiteklub aangewys. Beaulah Boois-Beukes, ‘n reëlingskomiteelid van die skoonheidskompetisie sê aan Kosmos 94.1 Nuus kaartjies vir beide geleenthede verkoop soos soetkoek.