Napha: Verbod op jagtrofeë gaan reuse-impak op gemeenskappe hê

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het gereageer op die Verenigde Koninkryk, België en Finland wat die invoer van sekere jagtrofeë in hul lande verbied. Frankryk en Nederland het al hierdie verbod voorheen ingestel. Maria Schonweiss, kantoorbestuurder van Napha, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die verbod op die jagtrofeë sal ‘n groot impak op die Namibiese ekonomie, veral op gemeenskappe hê.