Universiteit van Pretoria stel Sentrum vir Taalonderrig bekend

Die Universiteit van Pretoria het sy Sentrum vir Taalonderrig van stapel gestuur om kursusse in Engels aan te bied aan mense wie se moedertaal nie Engels is nie. Dit het ten doel om kort kursusse aan te bied wat internasionale studente sal bemagtig om hul taalvaardigheid vir tersiêre studies te ontwikkel. Die hoof van die sentrum, Trish Cooper, sê die eerste kursus het in Maart begin met studente van verskeie lande. Dit sluit in Benin, Bolivië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Duitsland, Rusland en Saoedi-Arabië.