Meisie opgespoor wat 20 jaar gelede ontvoer is

Die polisie in Ermelo, Mpumalanga, het ‘n meisie opgespoor wat twintig jaar gelede as ‘n baba ontvoer is. ‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê ‘n 50-jarige vrou is in hegtenis geneem en van die ontvoering van die meisie aangekla. Mohlala sê die verdagte het in die hof verskyn en is borgtog van een-duisend-rand toegestaan.