Iran het slim protokolplan

Die Iranse regering het wat hy noem, ‘n slim protokolplan van stapel gestuur, met beperkings teen mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Dit is daarop gemik om die land te leer om saam met die koronavirus te leef. Deelname aan bedrywighede in binnenshuise openbare ruimtes en die gebruik van openbare vervoer sal net toegelaat word indien ‘n digitale entstofpas getoon kan word. Iran het reeds ‘n vyfde dodelike vlaag van die virus onder beheer gebring, maar die ministerie van gesondheid sê daar heers kommer oor nog ‘n styging in besmettings