Oliepryse styg weer

Oliepryse het vandag gestyg ná ‘n herstel van byna vyf persent die vorige dag, aangesien kommer oor die impak van die Omikron-variant op die wêreldwye brandstofvraag afgeneem het terwyl Iran se kernkraggesprekke padblokkades tref, wat die terugkeer van Iranse ru-olievoorrade vertraag het. Oliepryse is verlede week gekelder oor kommer dat entstowwe minder doeltreffend teen die nuwe Omikron-variant kan wees, wat vrese laat ontstaan het dat regerings weer beperkings kan instel om die verspreiding daarvan te bekamp. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence Investment, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.