Meghan Markle wen saak teen poniekoerant

Meghan Markle sê daar is ‘n presedent geskep toe ‘n poniekoerant se aansoek in ‘n saak oor die publikasie van ‘n brief wat sy aan haar pa geskryf het, geweier is. ‘n Britse hof het vroeër vanjaar beslis die saak behoort nie hof toe te gaan nie. Dit was nadat Prins Harry se Amerikaanse vrou die Mail on Sunday beskuldig het van die oortreding van kopiereg en haar privaatheid. Markle sê dis nie net ‘n oorwinning vir haar nie, maar vir elkeen wat al ooit bang was om standpunt in te neem vir dit wat reg is.