Shell dreig om te onttrek van omstrede seismiese opnames aan Wildekus

Die internasionale olie- en brandstofmaatskappy, Shell, dreig om te onttrek van die omstrede seismiese opname aflandig van die Oos-Kaapse Wildekus, indien dit verhoed word om hierdie maand daarmee voort te gaan. Omgewingsgroepe het die hooggeregshof in Makhanda genader om die werk te staak, weens kommer oor die moontlike negatiewe uitwerking daarvan op die gebied. ‘n Groep vooraanstaande plaaslike mariene wetenskaplikes het die regering versoek om die werk te staak en sê studies toon sulke ondersoeke kan moontlik skadelik wees vir mariene lewe.