Meester: Daar’s net 9 mense om alle boedels te hanteer

Die justisie-ministerie sê personeeltekorte vertraag die afhandeling van boedels deur die Meester van die hoërhof. Die kantoor werk tans met slegs nege amptenare, ‘n posisie wat minister, Yvonne Dausab, sê het is ver van die aantal personeel wat nodig is om te voldoen aan die minimum. Regsbeamptes sal elkeen gemiddeld 3 066 boedels per jaar moet verwerk, met hoofregsbeamptes op 7 156 boedels en die adjunkmeester 21 468 boedels per jaar. Die tyd wat dit neem om boedels te finaliseer is volgens haar ‘n bekommernis. Laat indiening deur agente, onvolledige aansoeke deur begunstigdes, en vertragings wat veroorsaak word deur eksterne rolspelers soos binnelandse inkomste en bankinstellings, belemmer ook die proses. Dausab sê ’n verbintenis dat alle boedels afgehandel moet word en dat begunstigdes binne 12 maande voordeel trek, is nog ver weg.