Kinderverkragting: Nampol sê rapportering is beter

Die hoë gevalle van kinderverkragting, met 510 kinders wat in die afgelope nege maande verkrag is, is ook as gevolg van hoër vlakke van rapportering deur familielede. Die Khomas-streek se Nampol-woordvoerder adjudant-offisier Silas Shipandeni sê terwyl die misdaad ‘n groot uitdaging is, is dit ‘n goeie ding dat sake formeel gerapporteer word. Hy doen ‘n beroep op ouers en voogde om enige verdagte gedrag onmiddellik aan te meld.