Meer oor Brent, brandstofprys en wat voorlê

Simonis Storm sê daar was in die afgelope 12 maande onderverhalings in die brandstofprys van 9 dollar 28 sent vir petrol en 5 dollar 60 sent vir diesel. Onderverhalings vir Januarie beloop 67 miljoen dollar. Die makelaarsfirma sê dat sou die regering die brandstofprys hierdeur bepaal, sou petrol 20 dollar 63 sent ‘n liter gekos het en diesel, 16 dollar 98 sent. Die volgende Opul+ vergadering vind op 2 Februarie plaas en alhoewel daar verwag word dat daaglikse produksie weer met 400 000 vate opgestoot sal word, sê Simonis Storm dit is twyfelagtig of produsente dit kan bybring. Die prys van Brent ru-olie het in Januarie alleen met 14,9 persent toegeneem en die maatskappy verwag nog prysstygings vir brandstof in Februarie sowel as Maart.