Die herwinning van plastiek in buurland hou lug skoon

Plastiekherwinning in Suid-Afrika het in 2020, 213 000 ton koolstofdioksied of die uitlaatgasse van 45 000 voertuie gespaar. Hierdie goeie nuus is in die oorhoofse liggaam van die plaaslike plastiekbedryf, Plastics SA, se jaarverslag bekend gemaak. Plastix 911 maak elke jaar die inligting bymekaar by plastiekherwinnaars regoor die land. Die verslag toon ‘n groter bewustheid van higiëne as gevolg van die uitbreking van die Covid-19-pandemie, het die vraag na buigsame verpakking soos vir wegneemkos in 2020 met 2 persent laat toeneem.