ANC is party van selfbelang

Die Instituut vir Sekerheidstudies in die buurland sê die ANC is toenemend besig om ‘n koalisie van selfbelang te word met geen duidelike visie vir sy rol in die land se toekoms nie. Die instituut se woordvoerder, Jakkie Cilliers, sê ondersteuning vir die ANC het in verlede jaar se verkiesing vir die eerste keer tot onder 50 persent gedaal en die vooruitsigte vir Afrika se oudste bevrydingsparty is skraal. Hy sê al is die ANC steeds by verre die land se grootste party, het verkiesings ‘n stryd om lewe en dood vir dié politieke party geword. Cilliers sê die land is moontlik op die rand van groot politieke verandering.